Kerberos (mitologie)

Kerberos buite die ingang van die Koninklike Instituut van Tegnologie in Stockholm.

Kerberos of Cerberus[1] (Grieks: Κέρβερος) was in die Griekse en Romeinse mitologie ’n veelkoppige hond wat die ingang na die onderwêreld bewaak het om te voorkom dat die dooies ontsnap en die lewendes inkom. Hy word in baie Griekse en Romeinse letterkundige werke en kuns uitgebeeld, hoewel die uitbeeldings grootliks verskil. Die belangrikste verskil is sy getal koppe: die meeste bronne beskryf hom of beeld hom uit met drie koppe, maar daar is ook weergawes met twee, een of meer koppe, selfs tot 50 of 100.

  1. "Cerberus". Merriam-Webster Online Dictionary (in Engels). Merriam-Webster. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 Augustus 2019. Besoek op 16 Julie 2009.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne